Grow Farm

Agri SA se Oes van die jaar-finalis sê dis ‘n voorreg om voedsel te produseer

“Dis ‘n voorreg om deel te wees van boerdery en om te help voedsel in die land te produseer. Landbou skep ook ‘n geleentheid om werk te skep,” so sê Raggie Sibley, ‘n boer naby Jacobsdal van die plaas Perseel 23 op die grens tussen die Noord-Kaap en Vrystaat.

Hy was een van Agri SA se Toyota Nuwe Oes van die Jaar-finaliste. “Dit was ‘n plesier en voorreg om ‘n geleentheid te hê om aan die kompetisie deel te neem,” sê Raggie.

Raggie, sy vrou, Elizabeth en hulle seun, Stanley boer met besproeiing en pekanneute. Hy het ook 300 hektaar veegrond wat onder CPA bestuur is.

“Ek het my werksloopbaan as Skrynwerker in 1979 tot 1993 begin. Na ‘n rugbesering het en ek my gesin plaas toe gekom. Ek het in 1996 met ‘n besproeiingsprojek deur die Departement van Landbou in die Vrystaat by die Oppermansgrond begin,” sê Raggie.

Hy het grootgeword met veeboerdery, maar het ook sy kennis oor boerdery verder uitgebrei deur aan te sluit by ‘n studiegroep (Wei en Lei) asook met behulp van die departement se voorligtingskantoor in Koffiefontein, gereelde bywoning van GWK se inligtingsdae en kursusse, asook koring-, mieliesaad-, kunsmis- en organiese produkte-verskaffers se inligtingsdae. “Ek lees ook landboutydskrifte.”

Raggie Sibley

Die droogte is vir hom ook ‘n probleem aangesien hy ‘n veeboerdery vertakking het.

Raggie is mal daaroor om te sien hoe jy saad in die grond neersit en hoe dit groei tot ‘n produk wat jou lewe kan verbeter.

Sy grootste uitdaging in die landbou is meganisasie, asook lae produkpryse en hoë insetkoste om besproeiing uit te brei.

Sy raad vir beginnerboere: “Om nederig te wees en nie bang te wees om vir raad, hulp en inligting te vra nie, maar om ook bereid te wees om hard te werk en opofferinge te maak.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui